a

Store

JA! KLEUTER BYBEL PRET PAK

9781920592707
R109.00
In stock
1
Product Details
ISBN: 9781920592707
Author: Ewald van Rensburg
Language: Afrikaans
Binding: Pakket
Target Market: Kinders 4 - 7 jaar oud
Publication Date: April 2013
Size: 210mm x 296mm

Die pretpak sluit in die Ja! Kleuter Bybel en die Ja! Kleuter Inkleurboek en Vetkryte.

Ja! Kleuter Bybel

Hierdie kleurvolle geïllustreerde kinderbybel is spesiaal vir Ja! Kleuters geskep. Elke verhaal word vergesel deur ’n gebed, om kinders te help om met God te praat, asook ’n Christelike waarde wat die storie versterk. Hierdie boek help kinders om Ja! Kleuters te wees. Die Ja! Kleuter Bybel bevat 25 van die bekendste Bybelverhale, deur teoloë gekies, wat kinders help om God te leer ken. Vir ouderdomme vier en ouer. Die gewilde Ja! KIeuter Bybel is ontwikkel met die inagneming van jou kind se ontwikkelingsfases en unieke temperament. Dit help met geloofsvorming, woordeskat sowel as leesvaardighede én emosionele ontwikkeling.

Inhoudsopgawe:

1. My God is so groot 2. Luister altyd na God 3. Niks is vir God onmoontlik nie 4. God laat ’n donkie praat 5. God luister na jou gebed 6. Praat, Here, ek luister 7. Slim Salomo 8. God gee kos en water 9. God is baie sterker as Baäl 10. Nehemia help om Jerusalem weer mooi te maak 11. Met God se hulp 12. Daniël 13. Jona wil nie na God luister nie 14. Jesus word gebore 15. Jesus word nou groot 16. Vyf brode en twee vissies 17. Daar is niemand soos Jesus nie 18. Die pappa met die oop arms 19. Die tien meisies 20. Slegte Saggeus word Goeie Saggeus 21. Hier kom Koning Jesus 22. Jesus het sy vriende lief 23. Die Kruis 24. Jesus staan uit die dood op 25. Jesus gaan terug huis toe

Ja! Kleuter Inkleurboek

Die Ja! Kleuter Inkleurboek sluit 24 prettige inkleurbladsye in wat saam met die Ja! Kleuter Bybel gebruik kan word, of afsonderlik om kinders te help om in hul verhouding met God te groei. Ideaal vir die opbou van geloof en kennis van die Bybel by die huis, skool en/of vir Sondagskoolaktiwiteite.

Pakkie vetkryte

Save this product for later

Note:

Some parts of this website is still under construction.