a

Store

Baba se Doopbybel

SKU 9781991257437
R250.00
NUUT!
In stock
1
Save this product for later
Share this product with your friends

Baba se Doopbybel

Product Details

Stel jou klein kind bekend aan die wonders van geloof met Baba se Doopbybel. Kleurvol geïllustreer deur Honor Ayres, vleg hierdie betowerende versameling die belangrikste stories uit die Bybel saam tot 'n maklik-verstaanbare verhaal van die Christelike geloof. Die stories word gekombineer met 'n skatkis van pragtige kindergebede, wat jou kind deur oomblikke van nadenke, dankbaarheid en gebed sal lei.

Vang elke kosbare oomblik in die baba rekordboek bladsye vas, en skep 'n blywende aandenking van jou kind se vroeë jare. Geniet die byvoeging van foto's van baba en die gesin. Vul die familiestamboom in - volg die wortels van liefde en geloof wat generasies aan mekaar verbind!

Baba se Doopbybel is 'n gekoesterde aandenking wat jou kleinspan op hulle geestelike reis sal vergesel. Maak die bladsye oop en kyk hoe jou kind se hart en siel groei, terwyl julle die krag van geloof en familie omhels.

Vir kinders tussen die ouderdom van 0 tot 7 jaar.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel 'Baby's Baptism Bible'.

Hierdie luukse geskenkuitgawe bevat:

  • 'n spesiale bylae vir 'n foto album wat die doop van kinders herdenk,
  • 'n pragtige, beskermende omslag wat perfek is vir bewaring en om te gee as 'n geskenk, en
  • silver teks aksente.

Skrywer en illustreerder: Geskryf deur Sally Ann Wright. Geïllustreer deur Honor Ayres.

Formaat: Sponsgevulde hardeband met 'n geskenk-omslag

Bladsye: 142

Note:

Some parts of this website is still under construction.